RAM se nuwe leiers vir 2023 is …

Carmi Potgieter en Micheal Lombaard is die nuutverkose hoofdogter en hoofseun van Laerskool Randfontein vir 2023.

Laerskool Randfontein het onlangs hul nuwe leiers vir 2023 aangekondig na ‘n deursigtige proses.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat die proses bestaan het uit aansoeke, bekendstellings-toesprake wat vanjaar opgeneem is en aan die leerders gespeel is en persoonlike onderhoude.

Daar is 40 leiers gekies waaruit die hoofleiers verkies is.

“Die nuwe leiers is tydens ‘n spog seremonie ingehuldig. Hulle het almal ‘n eed af gelê en dit onderteken saam met hul ouers. Die hoofleiers is na groot afwagting aangekondig en met ‘n seremoniële kers aansteking ingehuldig.”

Annie het vertel dat hierdie ‘n ongelooflike groep leerders is en dat die personeel groot verwagtinge het vir die leiers en sien baie uit daarna om saam met hulle te werk.

Carmi Potgieter is aangewys as die hoofdogter van 2023, Micheal Lombaard is aangewys as die hoofseun vir 2023, Carli van Deventer en Magdaleen Ernst is verkies as die onderhoofdogters en Janco Jacobs en Malan Bosman is verkies as die onderhoofseuns.

Carmi Potgieter en Micheal Lombaard is die nuutverkose hoofseun en -dogter vir 2023 by Laerskool Randfontein. Foto: Annie Nolan.
Carmi Potgieter en Micheal Lombaard is die nuutverkose hoofseun en -dogter vir 2023 by Laerskool Randfontein. Foto: Annie Nolan.
Exit mobile version