NG Middelvlei hou Kersmark as deel van 70ste verjaarsdagvieringe

Ten spyte van die reën en nat omstandighede het NG Kerk Middelvlei se Kersmark goed verloop.

Die NG Kerk Middelvlei het ‘n heerlike Kersmark gehad ten spyte van die somber weer op Saterdag, 12 November.

Admindame Trudy Steyn het vertel dat hul as kerk gepoog het om saam met hul 70e verjaarsdag en hul Genade Feesviering vir tuisvervaardigers die geleentheid te bied om hulle goedere uit te stal en verkoop.

Fanie Olivier, Jaco Olivier, Edward van Schalkwyk en Machiel de Bruyn.
Gerda Benadie en Xelia van Rooyen met heerlike Yankees.

Sy het verduidelik dat daar ongeveer 20 uitstallers was met goedere soos tuisgebakte koekies na muurhorlosies. Die kerk het selfs ook al die gewone ‘basaar’ kosse soos Yankees, boereworsrolle en smaaklike pannekoeke verkoop.

“Ten spyte van die reën en nat omstandighede, het ons Kersmark goed verloop. Die uitstallers was tevrede met die verloop van die dag.”

Nicky Daniels met sommige van haar produkte.
Gerdie Myburgh.

Trudy het gesê dat al die uitstallers positief reageer het, en hul het aangedui dat hulle weer sal uitstal. Sy het verder verduidelik dat die kerk wil poog om dit ‘n meermalige instelling per jaar te maak.

“Aan elkeen van ons lidmate wat betrokke was, in watter opsig ookal, en baie hard gewerk het om van hierdie Kersmark ‘n sukses te maak, baie dankie. Julle is ware staatmakers. Aan elkeen van die uitstallers, wat die weer trotseer het, baie dankie vir julle teenwoordigheid en aan elkeen wat ons ondersteun het, baie dankie.”

Sommige van die handgemaakte items wat uitgestal was.
Sommige van die handgemaakde items wat uitgestal was.
Freda Kloppers besig met smaaklike pannekoek.
Orcilla Lampbrecht met haar handgemaakte items.
Gideon Griezel met heelike ysies.
Die Wesrand Komando en Kadet Korps tydens die dag.
Sommige van die handgemaakte items wat uitgestal was.
Hettie Lessing.
Sommige van die handgemaakte items wat uitgestal was.
Marius Janse van Rensburg man die braai.
Exit mobile version