KidsLocal newsPrimary SchoolSchools

Stefan, 7, wen eerste plek tydens Nasionale Radikale Redenaars finaal

Hy het ook in September 'n nasionale eerste plek verower by die South African Literacy Association se National Public Speaking kompetisie.

‘n Graad 1-leerder van Laerskool Randfontein het sy skool en dorp trots gemaak met ‘n uitmuntende prestasie.

Die 7-jarige Stefan Pretorius het op Saterdag, 22 Oktober aan die Nasionale Radikale Redenaars finaal deelgeneem waar hy ‘n eerste plek verower het.

Sy ma Leonie Pretorius het vertel dat haar seun ook in September ‘n nasionale eerste plek verower het by die South African Literacy Association se National Public Speaking kompetisie.

Sy familie en skool is baie trots op hom en sy wonderlike prestasies.

Stefan Pretorius het onlangs ‘n eerste plek verower tydens die Nasionale Radikale Redenaars finaal. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button