Gesin sit met groot gesondheidsrisiko weens rioolprobleem

'n Rioolprobleem is 'n gesondheidsrisiko vir Frank en die res van die gesin van Homelake.

“Hoe kan ‘n mens so leef?” vra Frank Coetzee nadat daar riool by sy toilet begin opstoot het weens ‘n vermoedlike geblokte munisipale rioolpyp.

Coetzee, 56, en sy dogter Natasha Broodryk, 30, het ‘n ongelooflike groot riool probleem by hul wonig en voel dat die ‘stink’ houding, of gebrek daaraan, van die plaaslike oewerhede nie die situasie enigsins help nie.

Coetzee se woonstel, wat op die erf waar sy dogter bly geleë is, is verwoes nadat riool by sy toilet begin opstoot het toe hy die toilet gespoel het. Hy glo dis veroorsaak nadat dit gestorm het en daar iewers ‘n blokasie is. Sy dogter het ook dieselfde probleem en is ‘n groot gesondheidsrisiko vir Coetzee, wie boonop nog ‘n long probleem ook het.

Sy beddegoed en besittings is nat en verwoes van die rioolwater.
Die rioolwater en menslike ontlasting lê oor sy vloer en matte.

Broodryk vertel dat haar pa nie meer in sy woonstel slaap nie want hy sal siek raak.

“My een kind is ook baie siek, so my drie kinders kan nie eers buite speel nie, ek het ook ‘n baba hondjie wat die goed probeer eet en drink.”

Broodryk het aan die Herald bevestig op Donderdagoggend, 3 November dat die probleem nogsteeds nie opgelos is nie.

Rand-Wes Plaaslike Munisipaliteit-woordvoerder Phillip Montshiwa is genader vir kommentaar, maar geen terugvoer is ontvang nie.

Intussen weet Coetzee en sy dogter nie watter kant toe nie.

Die rioolwater en menslike ontlasting lê oor sy vloer en matte.
Die rioolwater en menslike ontlasting lê oor sy vloer en matte.

“Daar is vuil rioolwater wat oor matte in sy woonstel lê, saam met dit is daar gebruikte sanitêre items, menslike ontlasting en kondome wat by die toilet uitgestoot het, dit alles nadat hy normaalweg die toilet wou spoel. Daar was ook erdwurms wat uit die toilet gekom het. Ons het ‘n loodgieter gekry en die probleem gerapporteer. Die loodgieter het probeer om die pyp in die pad te ontblok maar kon dit nie regkry nie,” het Broodryk vertel.

Erdwurms wat op sy vloer lê tussen toiletpapier en menslike ontlasting.

Volgens haar kan hul nie begin skoonmaak totdat die probleem opgelos is nie, omdat die water bly uitstoot wanneer hul die toilette spoel. Sy verduidelik dat hul ook nie die stort kan gebruik nie, en kan ook nie regtig enige iets anders doen nie aangesien die pype geblok is.

“Ons is nog nie seker hoe ons dit wel gaan begin skoonmaak as ons moet begin nie, ons huur die huis deur ‘n agent en hul probeer tans die probleem oplos deur dit te rapportreer en iemand uit te kry. My pa se beddegoed, matte en alles wat hy basies besit is beskadig.”

Volgens Broodryk kom die riool uit by plekke waar dit nie moet uitkom nie.

“Iewers is daar geblokte of gebreekte pype wat dringend reggemaak moet word.”

Al wat die gesin wil hê is dat hul probleem opgelos moet word en dat dit nie meer ‘n gesondsheidsrisiko is nie.

Die Herald sal in kontak bly met Coetzee en sy dogter en aanhou opvolg tot daar terugvoer vanaf die munisipale woordvoerder is.

Exit mobile version