Local news

Totsiens Tannie Martie

'My ma het nooit ooit een dag stil gesit en niks gedoen nie, haar hande was nooit stil nie.'

Dit is hartseer wanneer jy iemand finaal moet groet, maar daar is altyd die herinneringe om op terug te kyk in tye van daardie hartseer.

Bekende inwoner Martha Bergh, ook bekend as Tannie Martie, is onlangs op die ouderdom van 77 oorlede in die hospitaal op Woensdag, 5 Oktober.

Haar dogter Anita van Wyngaardt het vertel dat haar ma en pa, Bokkie, het sedert 1977 slaghuise in Randfontein gehad.

“Ek sal my ma onthou as een mensie vol liefde en veugde, wie vriendelik was tot met die karwagte, sy het nooit ‘n slegte woord van enige persoon gesê nie.”

Sy het gesê dat haar kinders, haar man, familie, en bo alles haar God en dienste aan haar kerk, gemeente en uitreikings haar gelukkig gemaak het. Tannie Martie was ook lief daarvoor om vir mense klere te maak, te hekel en brei.

“Een herinnering wat ek altyd na aan my sal hou is dat my ma nooit ooit een dag stil gesit het en niks gedoen het nie, haar hande was nooit stil nie.”

Een van Tannie Martie se grootste drome was om Elvis te ontmoet, en in nou se dae was dit om diensbaar te wees vir God.

Sy laat agter haar man, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

Martha Bergh bekend as Tannie Martie is op die ouderdom van 77 op Woensdag, 5 Oktober oorlede. Foto ingestuur.

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button