Riebeeckrand-jukskeispanne hou skool se naam hoog

Hoërskool Riebeeckrand se o.16A- en o.19A-seunsjukskeispanne het onlangs die Wes-Rand skoleliga gewen.

Hoërskool Riebeeckrand se jukskeispanne het ‘n fantastiese seisoen beleef.

Om te begin het die skool se o.16A- en o.19A-seuns onlangs die Wes-Rand-skoleliga gewen. Hulle het toe hierna deurgedring na die Direkteurs-toernooi wat op Saterdag, 17 September in Mpumalanga plaasgevind het.

Daar het die o.16 A-seuns weereens as die wenners uitgetree terwyl die o.19 A-seuns tweede geëindig het.

“Die seuns het hulle baie goed van hul taak gekwyt,” het een van die jukskei-afrigters, Amelia Smit, gesê.

Sy het bygevoeg dat die nuwe bestuur van die Noord-Vaal toernooi ingestem is waar sy as die sekretaresse aangewys is.

“Ons wil ook baie dankie sê aan Ruan Croukamp van John Dory’s met die unieke jukskeiklere.”

Riebeeckrand se o.16 A- en o.19A-jukskeispanne. Foto ingestuur.
Riebeeckrand se o.19A-seunsjukskeispan is Tiaan Wilken (afrigter); Rualdt Pieterse; Michael Croukamp; Mardo Pieterse en Marcel Olivier. Foto ingestuur.

 

Exit mobile version