Local news

Beroerte bring ‘n einde aan boer se passie

Ben Rawlins het geboer geboer op Ongeluksnek in die Oos-Kaap op die Leshoto grens.

‘n Inwoner van Wings of Inspiration Elderly Care Centre het onlangs sy storie gedeel van hoe hy ‘n boer was voor ‘n beroerte veroorsaak het dat hy nie meer sy passie kon uitleef nie.

Ben Rawlins, 71, het op Ongeluksnek in die Oos-Kaap aan die Lesotho-grens grootgeword en voor hy ‘n beroerte gehad het, het hy 30 jaar lank daar geboer.

Ek is in boerdery in gebore, en ek het gehou van die vryheid wat dit gebring het; daar is niemand wat vir jou heeltyd sê wat om te doen en hoe om dit te doen nie, jy moet jou brein daarvoor gebruik.”

Hy het vertel dat hy dit baie mis om met die werkers en diere te werk. Rawlins kan Sotho, Khosa en Zulu praat, skryf en lees. Hy het met skape, beeste, mielies en aartapples geboer.

“Na die beroerte was ek in ‘n dwaal en niks het meer vir my saak gemaak nie omdat ek moes ophou boer. Ek voel sleg daaroor as ek daaraan terugdink, maar dit is vir my eie beswil want ek kan nie meer op ‘n trekker klim en bestuur nie.”

Volgens Ben is hy bly dat hy daardie gedeelte van sy lewe gehad het. Dit was vir hom lekker omdat hy glo dat die beste lewe wat mens kan hê die plaaslewe is.

Sy beste herinneringe op die plaas is wanneer ‘n kalf of ‘n lammertjie gebore is. Maar, het hy gesê, as die kalf nie kon uitkom nie was dit omtrent ‘n storie …

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button