Local news

Toekies-vrou haal SterStatus-finaal

Meurice Phillips is 'n finalis op die realiteitsprogram SterStatus wat daarop fokus om jong vroue aan die vermaaklikheidsbedryf bekend te stel.

‘n Inwoner van Randfontein is ‘n finals in SterStatus wat op VIA uitgesaai word.

Die 35-jarige Meurice Phillips het vertel dat SterStatus ‘n realiteitsprogram is wat daarop fokus om jong vroue aan die vermaaklikheidsbedryf bekend te stel deur middel van werkswinkels, opleidingsessies en verskeie uitdagings om hulle voor te berei vir ’n suksesvolle lewe in die kollig.

Ek het as deelnemer ‘n liefdadigheidsfunksie vir Fabulous Girl Charity Foundation aangebied. Dié organisasie sien om na mishandelde vroue wat slagoffers is van mensehandel en prostitusie, en leer hulle vaardighede om onafhanklik en standvastig te wees.

“Boo’s and Boots was my fondsinsamelingsprojek waartydens verskillende plaaslike digters en kunstenaars hul talente ten toon gestel het. Met hierdie suksesvolle inisiatief is ongeveer R8 000 ingesamel.”

Sy het verduidelik dat sy haar hele lewe lank in die mode-, skoonheids- en televisiebedryf belangstel. In 2003 en 2004 was sy ‘n finalis in die Mej Randfontein Skou-kompetisie en is albei kere as Mej Persoonlikheid aangewys.

Meurice Phillips wil die jonger generasie inspireer. Foto ingestuur.

Meurice wil ander meisies, veral dié uit klein dorpies, motiveer om te werk aan groot drome wat onmoontlik lyk want dit is nooit te laat om jou drome waar te maak nie.

Sou ek as wenner aangewys word, wil ek graag my eie gemeenskap van Toekomsrus bemagtig deur geleenthede te skep waar die jeug hulle talente kan ontdek, dit kan ontwikkel en uitleef, en vele ander beroepe in die kunste- en televisiebedryf volg omdat ek weet watter weggesteekte en onontdekte talent hier is. Hulle het net iemand soos ek nodig om hulle leiding te gee.”

SterStatus is elke Donderdagaand om 18:00 op VIA DStv-kanaal 147 te sien.

Related Articles

Back to top button