Tonne pret tydens Betesda Bedieninge se maandelikse markdag

Kameelritte, springkastele en smaaklike kos is tydens die sonnige markdag aangebied.

Die afgelope naweek se weer was wonderlik, en baie mense het die mark besoek wat op Saterdag, 6 Augustus by Betesda Bedieninge gehou is.

Lees ook: Hervormde Gemeente Sionspoort se Vleisfees ‘n jaarhoogtepunt

Daar was baie om van te kies by die talle stalletjies, en daar was smaaklike kos. Vir die kinders was daar springkastele, asook gesigverf en verskeie speletjies waar pryse gewen kon word, en allerhande speelgoed en geskenke was te koop.

Johannar, Norman en Lizelle Heuer met Mia Sithambaram. Foto: Michelle Roodt.

Daar was ook ‘n babakompetisie, en verskeie besoekers het kameelritte onderneem.

Organiseerder van die mark Juanita Coetzee het verduidelik dat die mark op die eerste Saterdag van elke maand gehou word, en dat Saterdag se mark baie goed verloop het en dat almal hulself geniet het.

Die volgende mark by Betesda Bedieninge is op Saterdag, 3 September.

Duncan Trewick met sy prys wat hy gewen het. Foto: Michelle Roodt.
Nina en Werner Breytenbach besig om jaffels te maak. Foto: Michelle Roodt.
Ruan, Elné en Ethan Kruger geniet die markdag. Foto: Michelle Roodt.
Jessica Verwey met sommige van haar produkte. Foto: Michelle Roodt.
Ilaria, Valerie en Philip Wessels met Ilaria se prys wat sy ontvang het as wenner van die sewe tot 12 maandekategorie in die babakompetisie. Foto: Michelle Roodt.
Ana Venter geniet haarself. Foto: Michelle Roodt.
Exit mobile version