Municipal

Pensioenaris (70) woedend oor lekkende watermeter

Inwoner is ontsteld nadat sy watermeter gebreek het.

Hermanus Johannes Erasmus (70) van Hectorton is onteenseglik ontsteld oor sy lekkende watermeter wat al vir sowat drie jaar oorloop.

Volgens Erasmus het sy water meter se glasie gebreek en kort daarna het water begin uitloop. Hy het gevolglik die Rand-Wes Plaaslike Munisipaliteit genader om die meter te vervang.

Erasmus het verduidelik dat as gevolg van die lopende water, is sy waterrekening verbasend hoog. Dit was toe wat hy besluit het om die munisipaliteit weereens te nader.

“As pensioenaris kan ek nie bekostig om ‘n waterrekening van R50 000 te betaal nie,” het Erasmus uitgedruk.

‘n Ontstelde Hermanus Johannes Erasmus.

Hy het verder verduidelik dat die munisipaliteit vir hom waarskuwingkennisgewings uitgestuur het om hom te herinner van sy waterrekening skuld. Volgens Erasmus het elke brief hom ‘n verdere R98 gekos.

Teleurstellend vertel hy dat hy keer op keer probeer uitreik het na die munisipaliteit om die meter te vervang. Tydens die drie jaar het Erasmus gesĂŞ dat hy gemiddeld ‘n 100 klagtes ingegee het, maar sy bekommernisse was weggewys.

“Die een dag toe kom daar ‘n munisipale werker na my huis om na die watermeter te kyk. Hy het vir my gesĂŞ dat hul nie die regte voorraad het om dit te vervang nie. Toe loop hy uit my huis uit,” het Erasmus vertel.

Hy het vertel nadat hy vele kere klagtes ingedien het, het die munisipaliteit sy krag afgesit as gevolg van sy agterstallige skuld.

Sy dogter, Elain, het haar bekommernisse met die Randfontein Herald gedeel en vertel dat haar pa soos ‘n hawelose lewe.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar. Hy is ‘n 70-jarige wat alleen woon sonder krag met onnodige skuld. Hy kan nie kos maak nie, hy kan nie warm bly nie en hy sukkel reeds finansieel. Een mens alleen kan nie so baie water gebruik nie,” het sy verduidelik.

Die Herald het sedertdien die munisipaliteit gekontak oor Erasmus se watermeterkwessie. Phillip Montshiwa, munisipale woordvoerder, het op 31 Julie aan die Herald bevestig dat ‘n loodgieter uitgestuur sal word. Die Herald sal opvolg op hierdie bevestiging.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button