Is daar samewerking tussen Oom Piet en munisipaliteit?

Oom Piet beweer dat hy 'n klamp vir die munisipaliteit gekoop het sodat hul die gebarste pyp naby Hoërskool Riebeeckrand kan herstel.

Piet Lottering, beter bekend as Oom Piet, het verlede week ‘n klamp gekoop om ‘n lekkende pyp naby die Riebeeck-brug te herstel en versterk.

Dit is volgens Oom Piet wat vertel dat hy op 4 April die klamp bestel het en die volgende dag dit naby Germiston opgetel het. Hy beweer dat hy ongeveer R2 600 vir die klamp betaal het.

Oom Piet vertel dat hy die klamp gekoop het omdat die munisipaliteit nie die soort klamp op die mark kon koop nie. Hy verduidelik dat hy ‘n ooreenkoms met die munisipaliteit ondergaan het dat munisipale werkers die klamp op 6 April installeer.

• Lees ook: Oom Piet sterk aan na noodoperasie

Hy het verder verduidelik dat hy die munisipaliteit daardie oggend ontmoet het en die hele Saterdag saam met die loodgieters spandeer het.

“Nadat die munisipaliteit die klamp opgesit het, het ons gesien dat die pyp vrot is. Die infrastruktuur was geroes en die klamp sou nie heeltemal winsgewend wees nie omdat die pyp onder gebars is en steeds lek,” het Oom Piet beweer.

Oom Piet staan op een van die slaggate in Homesteadlaan.

Hy het vertel dat hy dus nog twee klampe gekoop het, asook ‘n pyp om die gebarste een te vervang.

“Ek wil nie teen die munisipaliteit werk nie, maar eerder hul help om die dorp weer te laat blink. Die skoon water wat gemors word, kos die munisipaliteit onsettend baie geld. As ek die munisipaliteit kan help om die waterpype reg te maak sal daar so baie geld gespaar word,” het hy uitgedruk.

• Lees ook: Oom Piet steeds aan die gang

Oom Piet bekommer nie net oor die munisipale onkostes nie, maar ook die skade wat die lopende water veroorsaak. Hy het vertel dat daar gereeld nuwe gate voorkom wat groter word aangesien van die water.

Sedert hy die klamp gekoop het, vertel Oom Piet dat sy slaggat ekspidisie drukbesig aan die gang is. Hy het onlangs slaggate herstel in Lazarstraat, in Homesteadlaan voor Laerskool Randfontein en die berugte slaggat naby Wilmar Continental.

Hy vertel dat hy egter nie kan voortgaan met hierdie ekspidisie as hy geen ondersteuning kry nie.

“Ek is ewig dankbaar vir die mense van Randfontein wat my waardeer, maar ek sal nie aanhou kan teer en herstel sonder fondse nie,” het hy gesê.

• Lees ook: Gaan Oom Piet af tree?

Verder het die Randfontein Herald die Rand Wes Plaaslike Munisipaliteit genader oor die situasie.

“Dit is dalk ver van die waarheid af, maar dit is wat gebeur as daar geen diensvlakooreenkoms is nie. As infrastruktuur herstel moet word, sal die munisipaliteit ‘n kontrakteur aanstel om dit te doen – met ‘n projekplan en diensvlakooreenkoms,” het munisipale woordvoerder, Phillip Montshiwa vertel.

Indien donasies gemaak kan word, skakel Oom Piet op 083 275 8731.

Jy kan ook ‘n oorbetaling aan Oom Piet maak, by:

• Capitec Savings Account
• Rekeningnommer: 1381955701
• Taknommer: 470010

Exit mobile version