Municipal

Greenhills-inwoners bekommerd oor slaggate

Greenhills-inwoners maak hul stem dik rakende die slaggate.

Inwoners van Greenhills is siek en sat vir die talle slaggate wat die residensiële paaie oorheers.

Greenhills se slaggate het weer oral opgeduik en groter geword as gevolg van die laaste paar weke se reën. Dit is duidelik die geval met een van Randfontein se grootste slaggate op Noordweg. Die slaggat was aanvanklik gevul, maar het vinnig weer ‘n verskyning gemaak.

Volgens inwoner Frans le Grange veroorsaak hierdie slaggat ‘n groot ongerief vir diegene wat die pad gereeld gebruik.

“Die aantal slaggate regdeur Randfontein is kommerwekkend en ontstellend om die minste te sê. Hulle veroorsaak onnodige verkeer en lei daartoe dat voertuie voor aankomende verkeer moet uitswaai om die slaggat te mis,” het Le Grange vertel.

Hy verduidelik verder dat hy bekommered is dat dit nie die enigste slaggat is nie. Verder op Noordweg is daar nog ‘n slaggat oorkant ‘n eiendomsagent. Le Grange vertel dat die slaggat op hierdie pad vekeer veroorsaak.

Nog ‘n inwoner van Greenhills, Ansie Fourie, vertel dat die slaggat ‘n groot gevaar inhou vir alle motoriste wat die pad daagliks gebruik.

“Die slaggate word hoeveel keer herstel, maar duik weer op kort daarna. As die munisipaliteit die slaggate ordentlik regmaak sal die pad nie weer maklik uitgery word nie. Die trokke in die omgewing dra grootliks by tot slaggate. Die residensiële area laat slegs trokke wat drie ton en minder weeg toe om op die paaie te ry, maar tog sien ons trokke wat swaarder vragte dra wat daagliks hier ry. Die paaie is nie gemaak om sulke swaar vragte en voertuie te dra nie. Wanneer dit reën, ry die trokke die slaggate al hoe meer oop,” het sy verduidelik.

‘n Bakkie wat in die slaggat oorkant Palm Eiendomme ry om aankomende verkeer te probeer vermy.

Een van haar grootste bekommernisse is die skoolkinders wat oor die paaie loop. Fourie maak gebruik van Noordweg wanneer sy haar kinders skool toe vervoer.

“Mense wat Noordweg gebruik moet elke plas water as ‘n slaggat sien, vir hul eie veiligheid,” sluit sy af.

Carina du Toit vertel dat sy op Homesteadlaan woon en hoor gereeld hoe trokke sommer oor die stopstraat ry. Sy stel voor dat daar hobbels op die paaie ingestel moet word om mense aan te moedig om stadiger te ry. Dus sal die slaggate ‘n kleiner gevaar wees. Carina maak gebruik van Noordweg om werk toe te gaan. Dit is vir haar frustrerend om in verkeer te sit terwyl die karre verby die slaggat moet ry.

“Daar moet ten minste vier spoedhobbels op Noordweg wees. Een van hierdie hobbels moet 20m vanaf die stopstraat wees,” het sy gesê.

Op 15 Januarie het DA kandidaat-raadslid Tewie Botha vir die verkeersdepartement van die RandWes Plaaslike Munisipaliteit ‘n verslag gestuur aangaande ‘n stukkende waterpyp in die Noordweg verlenging by die Greenhills-begraafplaas wat ‘n groot slaggat veroorsaak het. Botha het verklaar dat hierdie slaggat ‘n groot gevaar stel vir en aangedring op onmiddellike hulp om die situasie op te los.

Op 16 Januarie is die pad gesluit vir die herstelwerk van die gebarste pyp. Volgens Botha het die lid van die burgemeesterskomitee vir die verkeersdepartement ‘n belofte gemaak om ‘n nuwe teeroppervlakte asook nuwe spoorbulte vir die pad te gee.

RandWes Plaaslike Munisipaliteit se burgemeester William Mathafeng Matsheke het in ‘n onlangse inligtingsessie die infrastruktuur van die pad aangespreek. In die inligtingsessie het Matsheke beklemtoon dat sake (wat as dringend geïdentifiseer word) geprioritiseer sal word waarna Matsheke verder erken het dat hy bewus is van die gebrek aan dienslewering in die gemeenskap.

Matsheke het verder uitgebrei oor die kwessie van die padinfrastruktuur en gesê dat die munisipaliteit die hele padnetwerk moet rehabiliteer om te verseker dat die infrastruktuur mettertyd stabiel bly. Hy het beweer dat die informele toemaak van die slaggate nie ‘n standaard padnetwerk sal handhaaf nie, veral wat rioollekke aanbetref. Hy het bygevoeg dat die herstel van rioollekke ‘n prioriteit is voor die rehabilitasie van die paaie aangesien die kans op waterskade net weer skade aan die pad sal veroorsaak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button