Municipal

Deel van Homelake skoon danksy gemeenskap

Gemeenskapslede het hard aan die werk gespring en seker gemaak dat die hoek van Krematart- en Jakarandastraat goed opgeruim word.

Hoërskool Riebeeckrand se o14-rugbyspanne het besluit om hul hande vuil te maak vir ‘n baie goeie doel.

Skoolwoordvoerder Carina Collins het vertel dat die seuns deel geword het van die NG Kerk Randfontein-Wes se ‘Get your hands dirty’–projek waar hul die gemeenskap uitnooi om die dorp skoon te maak en so te hou.

• Lees ook: Culemborg Park-inwoners bring hul kant om dorp netjies te hou

Riebeeckrand onderwyser en afrigter Johan Tiedt, asook gemeentelede Hannes en Antoinette Nortjé het hard aan die werk gespring saam die seuns en seker gemaak dat die hoek van Krematart– en Jakarandastraat goed opgeruim word.

Hoërskool Riebeeckrand se o14-rugbyspanne het saam met die NG Kerk Randfontein-Wes gemeente Homelake opgekikker. Foto verskaf..

Hulle het so ook die plaveisel-gedeeltes van die strate nuut geverf.”

Carina het vertel dat hul dankbaar is aan dominee Carel Pienaar, en die gemeentelede wie die skool betrek het om deel te word van hierdie goeie gemeenskapsprojek, en waar dit hul as inwoners herinner dat die verskil slegs by jouself kan begin.

Johan Tiedt, dominee Carel Pienaar, Hannes Nortjè, Antoinette Nortjé. Foto verskaf.

Related Articles

Back to top button