Duisende liters skoon water stroom by pad af

'Die water het in my speelgrond begin inloop en die kinders kon glad nie buite speel nie want dit het begin oorstroom' – Skoolhoof.

Duisende liters skoon water stroom tans by Taaibosstraat af, en dit met die land wat ‘n tekort aan water het.

• Also read: Glenharvie woes with water supply continue

Eienaar en skoolhoof van Little Angels Dagsorgsentrum, Chevonne Buitendag het vertel dat die probleem op ongeveer 4 April begin het en dat dit al telkemale gerapporteer is.

Die water het in my skool se speelgrond begin inloop en die kinders kon glad nie buite speel nie want dit het begin oorstroom.”

Sy verduidelik dat na amper twee maande is daar steeds niks aan die probleem gedoen nie want daar was vir haar gesê dat ‘n part nodig is om dit te kan regmaak.

Die water stroom al vir amper 2 maande by die pad af. Foto: Michelle Roodt.

“Ons het ons eie mense uit gekry om te kyk of ons dit self kan regmaak, maar dit het nie gewerk nie.”

• Also read: Glenharvie residents still with little to no water for over two months

Na dit het sy een van die ouers gevra om ‘n sloot te grou sodat die water in die pad af stroom en nie in haar skooltjie se gronde nie.

“Baie ouers kla dat hul sukkel om hul kinders in en uit hul karre te kry weens die water en almal moet probeer hul kinders optel en oor die water dra. Dit is ‘n probleem want die ouers se skoene en voete word dan ook nat.

Die water wat dag en nag loop. Foto: Michelle Roodt.

Dit is liters en liters se skoon water wat in die pad af stroom, hoekom word dit nie reg gemaak nie?

“Baie van my ouers wat loodgieters is het gesê hulle sal dit kom regmaak maar niemand weet waar om die water af te sit nie, as ons geweet het was die probleem seker lankal opgelos.”

Die munisipaliteit is genader vir kommentaar oor die probleem en die Herald sal hul terugvoering publiseer sodra dit ontvang is.

Exit mobile version