Municipal

Onteieningswetsontwerp oop vir kommentaar

TLU SA doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om op die Onteieningswetsontwerp (B 23 B-2020) te reageer. Skriftelike kommentaar moet teen 6 Maart 2023 ingedien word.

• Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die Transvaalse Landbou-unie Suid-Afrika (TLU SA) skryf:

Dit is totaal ongrondwetlik om iemand se eiendom sonder vergoeding van hom af weg te neem! Die publiek het nou die geleentheid om kommentaar hieroor te lewer. Ons doen ‘n ernstige beroep op Suid-Afrikaners om op hierdie geleentheid te reageer.

Lees ook: BRIEF: Boere moet vasbyt en bly hoop, sê TLU SA president

Die publiek word tans deur die gekose Komitee vir Vervoer, Staatsdiens en Administrasie, Openbare Werke en Infrastruktuur genooi om kommentaar te lewer op die Onteieningswetsontwerp (B 23 B-2020). Die “B” dui op die veranderde wetgewing.

Hierdie wetsontwerp is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur, maar is na provinsiale vlak terugverwys waar daar nou vir insette gevra word. Skriftelike kommentaar moet teen 6 Maart 2023 ingedien word. Versoeke vir mondelingse voorleggings word ook nou gerig – TLU SA se eiendomskomitee is reeds besig om inligting vir hierdie doel in te samel.

Lees ook: Stay alert ? TLU SA urges farmers as farm attacks increase

TLU SA neem as volg standpunt in:

Grondonteiening sonder vergoeding is:

• ongrondwetlik
• rampspoedig vir die ekonomie
• fataal vir voedselsekerheid
• diefstal van elke Suid-Afrikaanse jongmens se toekoms

Wie wil geld in ‘n land belê waar daar ‘n wet is wat sê dat die staat jou grond mag vat sonder dat jy daarvoor vergoed word?

Related Articles

Back to top button