Municipal

Asblikdiewe doenig in dié straat

'Ek dink hulle ontsnap met almal se asblikke deur daardie heining. Wat doen hulle met al die asblikke wat hulle op een plek steel?'

‘n Gesin wonder wat met hul asblik gedoen word nadat dit onlangs binne ‘n oogwink gesteel is.

Willie Marè, 31 het vertel dat daar in die afgelope twee tot drie maande reeds vyf of ses asblikke net in hul straat gesteel is.

“Ons is elke week bang dat die asblik gesteel gaan word en dan vat Willie dit eers later uit,” het die 28-jarige Nadine vertel.

Sy het verduidelik dat sy Maandag, 8 Augustus besig was en omdat sy bang was dat sy die propvol asblik te laat sou uitsit het sy dit gedoen voordat sy gery het.

Ek het geglo hulle sal nie so ‘n vol asblik steel nie en eers sou wag tot dit leeg is, maar toe ek terugkom was die asblik weg.”

Willie het vertel dat die diewe op kamera betrap is toe hulle die asblik deur ‘n stukkende heining getrek het, en hulle wonder wat daar oorkant met die asblikke gedoen word.

“Ek dink hulle ontsnap met almal se asblikke deur daardie heining. Wat doen hulle met al die asblikke wat hulle op een plek steel?” het Nadine gevra.

Hulle is baie vies omdat hul asblik gesteel is, maar beplan nie om ‘n nuwe een te koop nie want dit gaan weer gesteel word.

“Ons kan nie by die asblik staan en wag totdat dit leeggemaak word nie.

Dis nou ongerieflik want wat doen jy met al jou swartsakke? Ons is maklike teikens want ons huis is baie naby aan die gat in die heining.”

Related Articles

Back to top button