Raadslid en inwoners maak by Randgate-minisubstasie skoon

'Ons het die vuilgoed opgetel want mense het geen trots in hul omgewing nie' – Raadslid.

Sina Erasmus, DA raadslid vir Wyk 4 het onlangs saam met inwoners van die wyk rommel opgetel in Randgate.

Sina het verduidelik dat sy, Sonia Swanepoel en Tshepo Morono op Dinsdag, 26 Julie in Sauerstraat by die minisubstasie rommel opgetel het.

Ons het besluit om die vuilgoed op te tel want mense het geen trots in hul omgewing nie. Die swartsakke word ook oopgeskeur en dan word die rommel weer uitgegooi,” het Sina vertel.

Volgens haar het dit hulle ongeveer drie uur geneem om die minisubstasie-omgewing weer netjies te kry.

Sonia Swanepoel en Sina Erasmus is gereed om skoon te maak. Foto ingestuur.
Die rommel by die minisubstasie in Sauerstraat in Randgate. Foto ingestuur.
Exit mobile version