Crime

Straatgeveg eindig in tragedie, polisie ondersoek moordsaak

'n Geveg in Uniestraat, Randgate het gelei tot die dood van 'n 58-jarige man.

‘n Saak van moord word ondersoek nadat ‘n 38-jarige man na bewering ‘n 58-jarige man gedurende ‘n bakleiery doodgeslaan het op Woensdagaand, 7 Augustus.

Volgens polisiewoordvoerder Kolonel Noxolo Kweza het twee mans in Uniestraat baklei. Sy het verder vertel dat die 58-jarige man tydens die bakleiery gesterf het.

“’n Saak van moord is oopgemaak en die 38-jarige man is in hegtenis geneem,” het Kweza gesê.

Kweza het bygevoeg dat die beskuldige se eerste verskyning in die hof reeds plaasgevind het.

Related Articles

Back to top button