Crime

Vyf betrap wat sonpaneel probeer steel – besighede in Randfontein geteiken

Reaksie offisier betrap vyf verdagtes nadat hulle 'n sonpaneel probeer steel.

Die diefstal van sonpaneel is besig om vele besighede ‘n finansiële knou toe te dien.

Op 6 Oktober het EPR se reaksie-offisier Antonie Botha vyf verdagtes betrap wat besig was om ‘n besigheid se sonpaneel te steel.

Volgens EPR se algemene bestuurder, Johan Krogh, was Botha op patrollie toe hy mans op ‘n besigheid se dak in Smutsstraat, Randgate sien rondloop.

“Die manne het verdag voorgekom. Botha het bystand geroep en die perseel genader. Die verdagtes het Botha gesien en onmiddellik die toneel gevlug. Nog ‘n EPR reaksie-offisier, Marcus Abbott het opgedaag en beide Abbott en Botha was in staat om een verdagte in te haal en in hegtenis te neem in Uniestraat.”

Een van die verdagtes wat deur Botha en Abbott gevang is. Foto ingestuur.

Krogh het bevestig dat die verdagtes ‘n sonpaneel losgemaak het met die doel om dit te steel. Die sonpaneel is wel teruggekry en die verdagtes is spoedig aan die polisie oorhandig. Krogh het ook vasgestel dat die geteikende winkeleienaar ‘n saak by die polisie oopgemaak het.

“As gevolg van beurtkrag word sonpanele ‘n beroemde alternatief. Ongelukkig teiken diewe sonpanele meer gereeld omdat die waarde daarvan baie hoog is.”

EPR se waarskuwing oor die toenemende paneel diefstal. Foto verskaf.

Daily Investor, ‘n nuusblad wat finansiële en beleggingsnuus verskaf, vertel hoe die diefstal van sonpanele ‘n ernstige probleem vir besighede is wat deesdae moet staatmaak op sonkrag en dat dit ‘n finansiële risiko kan word.

Krogh vertel ook hoe sonpaneel-diefstal meer gereeld gebeur.

“Kliënte moet verseker dat wanneer sonpanele geïnstalleer word, moet die toegang tot die panele baie beperk work. Verwyder items rondom die huis wat gebruik kan word om die dak of panele te bereik, alternatiewelik beskerm hierdie panele met sensors wat aan jou alarmstelsel gekoppel is,” het Krogh gesê.

Related Articles

Back to top button