Crime

‘Moet nie alleen loop nie’ – waarsku slagoffers

Twee vriende was onlangs geteiken tydens 'n gewapende roof toe hul op pad winkel toe is in die aand.

Twee vriende wil graag die gemeenskap waarsku om paraat te wees wanneer hulle in die dorp rondloop, veral na-ure.

Cindy Havenga, 35, en haar vriend Kyle Japhta, 25, was onlangs ongeveer 21:30 op pad vulstasie toe om koeldranke en sigarette te koop, toe die onverwagte gebeur het.

• Lees ook: BRIEF: Rommelstrooiing, verkragting en rooftogte: Wanneer hou al die dinge op?

“Toe ons op die hoek kom, stop ‘n taxi voor ons. Twee gewapende mans het uitgespring en vuurwapens teen Kyle se nek en rug gedruk.”

Japhta het verduidelik dat die misdadigers sy selfoon, oorfone en R600 (wat agter in sy foon se kassie was) gevat het.

Ons het geloop en musiek luister [soos wat hulle gereeld doen] toe dit alles gebeur het. Gelukkig het ons nie seergekry nie, maar dit was nie eers ‘n kwessie van vyf minute nie, toe is hulle weg.”

Havenga verduidelik dat dit ‘n wit Quantum taxi was, met geen nommerplaat, wat voor hul gestop het.

Sy het bygevoeg, “Toe alles gebeur het, het ek net gevries en op daardie oomblik besluit dat hulle [die misdadigers] maar net moet vat wat hulle wil hê. Ons lewens is belangriker.”

• Lees ook: OPINIE: ‘Misdaadstatistiek ‘n see van rooi’

“Ek was heel verbaas, want ons bly al hoe lank in die omgewing en daar het nog nooit so iets gebeur nie,” het Japhta gesê.

Kyle Japhta en Cindy Havenga was onlangs slagoffers van ‘n gewapende roof. Foto: Michelle Roodt.

Havenga wil die gemeenskap waarsku dat mens nie meer oop en bloot met selfone of laat in die aande kan rondloop nie.

“As jy van plan is om uit te gaan, maak eerder alternatiewe vervoer reëlings as om te loop. Ek loop elke dag saam my kind skool toe en gaan haal hom weer.

Ek het ‘n groot vrees om in die oggende uit te gaan want ek weet nie waar ek gaan opeindig nie. Daardie aand toe dit gebeur het, het ek net gebid. My lewe is gespaar en my kind het sy ma.”

Sy het verder verduidelik dat sy tog iets uit hierdie voorval geleer het.

Mense moet altyd op die uitkyk wees oor wat rondom hulle aangaan,” het sy gewaarsku.

Havenga en Japhta het besluit om nie ‘n saak by die polisie oop te maak nie.

Related Articles

Back to top button