Crime

Geen bang haar op sy kop nie

Sebastian Jansen van Vuuren is altyd daar om die gemeenskap te help, of dit nou by die skool is of by 'n plaaslike funksie.

Wanneer jy die meerderheid van die funksies bywoon wat oor ‘n naweek aangebied word, sal jy die vriendelike en bekende gesig sien van ‘n sekuriteitswag wat altyd daar is om na jou veiligheid om te sien.

Die 31-jarige Sebastian Jansen van Vuuren is ‘n sekuriteitswag by Hoërskool Riebeeckrand en werk al vir 10 jaar vir Mapogo. Hy is altyd gereed om ander se lewens bo dié van sy eie te stel en help gereeld by funksies en die Randfontein Rugbyklub. Talle lede van die gemeenskap ken hom al lank.

Hy het vertel dat sekuriteit in sy familie is – sy pa het vir 25 jaar die werk gedoen. Vir Jansen van Vuuren is dit ‘n passie; hy het in die bedryf begin werk kort nadat hy sy grade voltooi het.

Jansen van Vuuren is seker een van die vriendelikste en aangenaamste sekuriteitswagte in Randfontein en hy gee regtig om vir sy gemeenskap.

“Dit voel lekker om te weet as jy by jou huis uitgaan dat jy mense en die gemeenskap ken en die gemeenskap ken jou. Hulle gee so ‘n positiewe energie op jou af en dit maak my ook ‘n beter persoon want dit kos niks om terug hallo te sê of te glimlag nie.”

Sy ouers hom geleer dat vriendelikheid niks kos nie, dit is verniet. “Ek het ‘n vriendelike geaardheid. Ek groet almal ordentlik en help die mense langs my waar ek kan.”

Die werk is baie gevaarlik en hy is al aan diens aangeval.

“Ek is eenkeer vasgebind, ‘n ander keer met ‘n panga oor die kop geslaan, en was al ‘n rukkie in die hospitaal. Al is dit ‘n gevaarlike werk is dit ook ‘n lekker werk. Vir meeste mense lyk dit te gevaarlik maar ek beskou dit as ‘n uitdaging, ‘n passie.”

Vir Jansen van Vuuren is die lekkerste gedeelte van die werk om kinders te help, om hulle te sien glimlag as hulle by die hek uitgaan as hul ouers hulle oplaai, en die funksies.

“Dit is vir my net lekker om almal op te pas en ek sal my lewe prysgee om hulle weg van gevaar af te hou. Dit is lekker om almal om my gelukkig te sien.”

Sebastian Jansen van Vuuren, die vriendelike en dapper sekuriteitswag.

Related Articles

Back to top button