Diewe en vandale bedrywig in Randfontein — EPR

Dit was 'n besige misdaadweek vir EPR Sekuriteit in Randfontein met 45 insidente in totaal – 23 het by besighede plaasgevind en die meeste daarvan was diefstal en saakbeskadiging.

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag toon dat daar 34 insidente van Maandag, 19 September tot Sondag, 25 September gerapporteer is.

Also read: Break-ins top the EPR crime list of 30 incidents

Volgens EPR se algemene bestuurder, Johan Krogh het 23 insidente by besighede, 19 by woonpersele, twee by kerke en een by ‘n skool plaasgevind.

Diefstal was bo aan die lys met 18 insidente, saakbeskadiging met sewe insidente, gevolg deur poging tot diefstal en poging tot huisbraak met twee insidente elk.

EPR se volledige verslag:

EPR se misdaadverslag vir Randfontein. Foto: EPR Facebook-blad.
Exit mobile version