Week van fees om kwartaal by Riebeeckrand af te sluit

Hoërskool Riebeeckrand het die derde kwartaal met 'n opwindende feesweek afgesluit.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs hul jaarlikse feesweek aangebied.

Diana Nel, skoolwoordvoerder het verduidelik dit is hul derde jaarlikse feesweek. Elke dag het ’n tema waarvolgens die kinders aantrek en daar is verskeie speletjies wat die kinders dan speel.

Dit is ‘n fondsinsamelingsprojek en om die kinders bietjie moed en energie te gee vir die laaste deel van die kwartaal.”

• Lees ook: Hoërskool Riebeeckrand reik uit na die gemeenskap

Maandag se tema was ‘checkered flag’ en tydens pouse het die kinders A minute to win it gespeel en na skool was daar kaskarresies.

Dinsdag het hulle nagskool gehou en die skooldag het eers 13:00 begin en tot 19:00 geduur. Die kinders het tydens pouse Riebeeckrand’s Got Talent gehou en die aand het Chris Steyn die leerders vermaak.

Khanyasile Magudulela en Karabo Machethe.
Christine le Roux.

Woensdag was die tema Gangster’s paradise. Die leerders en onderwysers het hul kragte op die hokkie- en netbalbaan gemeet. Die hokkiespanne het gelykop gespeel en die onderwysers het die netbalwedstryd gewen.

Hulle het Donderdag aangetrek volgens die tema, Plan B. Dit behels beroepe sou skool nie vir hulle uitwerk nie. Diana het genoem dat van die onderwysers selfs soos bankrowers aangetrek was. Die onderwysers en leerders het ook kragte op die rugbyveld gemeet en boeresport is gespeel.

Vrydag is toe afgesluit met speletjies in die saal.

Megan Maraz.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version