News

Feeskos: Hierdie gebakte broodrolletjie met roomsous is ‘n wenner!

'n Resep waarmee jy die familie en vriende se asems kan wegslaan hierdie Feesmaaltyd.

Wie sê kos oor die feestyd moet vervelig wees?

Danksy BRAAIPLESIERE EN BYKOSSE wil die Herald graag die volgende resep deel waarmee jy die familie en vriende se asems kan wegslaan by die braai hierdie feestyd.

• Gebakte broodrolletjies met roomsous:

• 125g spekvleis, gesnipper
• 1 blik tamatie-en-uiesmoor
• 250ml vars room
• swartpeper
• vars pietersielie
• 250ml cheddarkaas, gerasper

Sprinkel kaas oor en bak nog 10 minute tot goudbruin. Foto: Furkan Ismail Dokuzlar/ www.pexels.com. Vir illustrasiedoeleindes.

1. Voorverhit oond tot 100 °C
2. Smeer ‘n plat swartpot of ‘n kasserolbak met botter
3. Knyp stukke deeg af en vorm in bolletjies
4. Pak die deegbolle taamlik naby aan mekaar in die bak en laat rys goed in die oond
5. Soteer intussen spek tot gaar, voeg tamatie-en-uiesmoor by en verhit tot kookpunt
6. Laat prut tot effens afgekook. Verwyder van hitte, roer room by en geur met sout, peper en pietersielie
7. Verwyder bak met deeg uit die oond en verhoog die temperatuur tot 180 °C
8. Giet sous oor die deeg en bak 40 tot 50 minute
9. Sprinkel kaas oor en bak nog 10 minute tot goudbruin

• Bron: BRAAIPLESIERE EN BYKOSSE

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button