Feeskos: Smullekker snoek oor die kole

'n Visresep waarmee jy die familie en vriende se asems kan wegslaan dié feestyd.

Dit is altyd net vleis, vleis en nogmaals vleis wanneer dit by braai kom. Hoekom sal mens nie vir ‘n verandering ‘n snoek oor die kole gooi nie?

Danksy BRAAIPLESIERE EN BYKOSSE wil die Herald/ News graag die volgende resep deel waarmee jy die familie en vriende se asems kan wegslaan by die braai hierdie feestyd.

Snoek oor die kole:

*Een snoek, vooraf gesout

Appelkoosbraaisous:

• 60ml mayonnaise
• 60ml knoffelbotter
• 60ml gladde appelkooskonfyt

OF

Mayo-braaisous:

• 250ml mayonnaise
• 90ml botter

1. Plaas die vis oop met die velkant na onder op die rooster
2. Sprinkel peper oor
3. Verhit die bestanddele vir enige van die braaisouse oor lae hitte en meng goed
4. Gebruik ‘n klein kwassie en verf die vleiskant van die vis met die sous
5. Braai oor gloeiende kole – nie te warm nie – tot die vis maklik van die graat loskom
6. Sit voor met vars brood en slaai, of tamatie-en-uie-braaibroodjies

• Bron: BRAAIPLESIERE EN BYKOSSE

Exit mobile version