Streef finansiële welstand na gedurende dié feesseisoen

Indien jy sukkel om aan die einde van die maand al jou skuldverpligtinge na te kom, is skuldberading dalk die antwoord vir jou.

Die feesseisoen is hier, en talle Suid-Afrikaners is in skuld gedompel wat hul finansiële vooruitsigte maar vaal laat lyk.

Die lewe loop soms snaakse draaie met ons en dinge kan binne ‘n oogwink verander – kyk maar na die Covid-19 pandemie wat 2020 op sy kop gekeer het. Sulke gebeure het dikwels ook ‘n invloed op jou finansiële welstand. Werkloosheid, afleggings, onverwagte siekte, dood in die familie en groot lewensveranderinge kan jou lewe en finansies handomkeer verander.

Hoe kan jy die feesseisoen binnegaan sonder die stres van skuld?

Indien jy sukkel om aan die einde van die maand al jou skuldverpligtinge na te kom, is skuldberading dalk die antwoord vir jou. Skuldberading is die beste manier om jou finansiële welstand te verseker indien jy sukkel om jou skuld maandeliks terug te betaal. Skuldberading is nie ‘n skande nie.

DebtAbility moedig verbruikers aan wat sukkel om hul skuld betyds terug te betaal, om skuldberading te oorweeg in die aanloop tot die feesseisoen. Sien om na jou finansiële welstand hierdie feesseisoen.

Wat is finansiële welstand?

Finansiële welstand is die algemene gesondheid van jou finansies. Dit is die interaksie tussen jou finansies en jou liggaamlike, geestelike en sosiale welstand. Navorsing toon dat wanneer jy bekommerd oor jou finansies is, dit jou produktiwiteit beïnvloed, spanning op jou verhoudings plaas en kan lei tot depressie. Dit is dus jou verhouding met geld en jou finansies, en die invloed wat dit op jou daaglikse lewe het.

Wanneer is ‘n mens finansieel gesond?

• Wanner jy jou maandelikse en dag-tot-dag kostes kommervry kan dek
• Wanneer jy ekstra aankope kan doen sonder om daarna finansieel te sukkel
• Wanneer jy genoegsame reserwefondse beskikbaar het om onverwagse noodgevalle of rekeninge te kan vereffen, sonder om van oortrokke fasiliteite of ander vorms van krediet gebruik te maak
• Wanneer jy kan kies waar jy wil woon, of jy kinders wil hê en of jy binne perke kan koop wat jy wil
• Wanneer jy toekomstige finansiële doelwitte kan stel en ‘n plan kan volg om die doelwitte te bereik. Dit kan wees om ‘n huis te koop, om te spaar vir universiteitsgelde of om te spaar vir jou aftrede

Vyf wenke om jou finansiële gesondheid te verbeter

1. Spandeer minder as wat jy verdien. Dit gaan onmoontlik wees om finansieel vooruitstrewend te wees wanneer jy meer geld spandeer as wat jy verdien
2. Hou by ‘n begroting.
3. Betaal jou kredietkaart en rekeninge af
4. Kry ‘n spaarplan. ‘n Mens dink altyd aan beleggings as spaargeld, maar ‘n gewone spaarrekening by die bank is genoeg om ‘n noodfonds/ reserwefonds te bou
5. Belê jou geld – doen genoegsame navorsing en wees 100% seker voordat jy enige geld belê

• Bron: DebtAbility

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version