Vier RAM atlete nou deel van D2-span

'Die atlete neem op 10 en 11 Maart deel aan die Gauteng Atletiekbyeenkoms by die Ruimsig-stadion' - Skoolwoordvoerder.

Vier van Laerskool Randfontein se leerders is onlangs in die D2-span opgeneem en die skool kan nie meer trots wees op dié atlete nie.

“Ons skool se atletiekseisoen het reeds in 2022 begin, met Mnr Rikus Kruger aan die stuur van sake. Die seisoen het verskeie hoogtepunte opgelewer, met ons jong atlete wat menige rekords gebreek het.”

Sy het vertel dat RAM baie trots is op hul atlete wat tydens die afgelope seisoen uitstekend gevaar het en tydens die D2-atletiek byeenkoms het vier van hul atlete onder die eerste twee plekke geëindig en is in die D2-span opgeneem.

“Die atlete neem op 10 en 11 Maart deel aan die Gauteng Atletiekbyeenkoms by die Ruimsig-stadion. Die hoof en personeel is baie trots op die atlete en wens hul alle sterkte toe.”

Die atlete is:

Exit mobile version