News

Voorsmakie van unieke dansproduksie by Vriendskapstuiste

Inwoners van Vriendskapstuiste het onlangs 'n voorsmakie gekry van die unieke 'Once Upon A Time'-produksie.

Talle dansers het op Saterdag, 18 Februarie bymekaargekom om vir die inwoners van Vriendskapstuiste ‘n voorsmakie te gee van die unieke ‘Once Upon A Time’ produksie.

Kareén Strachan.

Plaaslike dansskool eienaar Ilse de Bruyn is die direkteur van die produsie en sê dat hierdie optrede by Vriendskapstuiste deel van die voorbereiding vir hul verhoogproduksie is wat ook gehelp het om van die ergste senuwees ontslae te raak. Dit vorm ook deel van hulle studio se gemeenskapsuitreik inisiatief.

Tamika Stamper.

“Ons produksie is werklik uniek en nie net in storielyn nie, maar in dansstyle ook. Ons produksie is gebaseer op ‘n ouma wat al oud en baie vergeetagtig is en hoe sy haar weergawes van die klassieke sprokiesverhale vertel en hoe sy hulle almal in mekaar meng. Ons het dan ook verskillede style van dans soos ballet, liries, kontemporêr en ook gumboot danse en ons het ook ‘n uitstekende perkussie-group van Pro-Practicum Skool.”

Mackenzie Mabel Daniels en Landon Jacobs.

Repetisies vir die produksie het reeds in Oktober verlede jaar begin.

Alle kostuums is ook handgemaak (behalwe Abu die apie s’n) deur Nadia Broodryk, Marlene Viviers en Chelne Olivier.

Deonique Fourie.

“Met ‘n groep van 84 mense is die moeilikste gedeelte om almal by oefening te kry en die lekkerste gedeelte sover is beslis om te sien hoe baie die kinders dit geniet.”

Sy het vertel dat sy vreeslik uitsien na die produksie omdat diè hul studio se heel eerste verhoogproduksie is.

Riley Kommer.

Once Upon A Time kan gesien word om 10:00 of 13:00 op Saterdag, 1 April by die Roodepoort Teater. Kaartjies is beskikbaar deur Webtickets.

Amoné Ackermann.
Thiana Ackermann en Cheraldine Naude.
Beate Lindes.
Delané Jansen van Vuuren en Isabella Lottering.
Cheraldine Naude en Thiana Ackermann.

Related Articles

Back to top button