NewsSport

Stof spat tydens eerste wedren van 2023 by Randfontein Oval

'Dit was baie positief gewees en alles het goed gegaan vir die eerste wedren van die jaar' – Marilize Coetzee.

Die enjins het Saterdag, 28 Januarie gekreun en die stof het behoorlik getrek tydens die eerste wedren van 2023 by die Randfontein Oval Renbaan.

Een van die promotors van die renbaan, Marilize Coetzee het vertel dat dit ‘n gewone dirt oval byeenkoms gewees wat baie goed verloop het.

Gideon van Zyl in aksie. Foto: Billy Sass.

“Dit was baie positief gewees en alles het goed gegaan vir die eerste wedren van die jaar. Dit was nog redelik stil maar die gesindheid van die mense was baie positief en dit lyk of die mense uitgehonger is om te ry, so ek glo die nuwe jaar van reisies gaan baie goed gaan.”

 

Deon Coetzee in aksie. Foto: Billy Sass.

 

Die volgende wedren is die 18de Februarie.

Die resultate was soos volg:

Drywer van die dag:

• Lance Curtis

Mooiste kar van die dag:

• Hendri Coetzee

Sportman van die dag:

• Leeroy Hoffman

Rookies:

• Eerste – Simon Barkhuizen

Flexi’s:

• Eerste – Deon Coetzee
• Tweede – Zander Minnie

2 Wheelers:

• Eerste – Sean Conrad
• Tweede – Lance Curtis
• Derde – Brendan Collins

1660’s:

• Eerste – Jaques van Niekerk
• Tweede – Carel Swanepoel
• Derde – Simon Barkhuizen

2100’s:

• Eerste – Francois Oberholzer
• Tweede – Leeroy Hoffman
• Derde – Morne Nel

Related Articles

Back to top button