Local newsNews

Randfontein Herald kry toekenning van DBV

'Dit is om dankie te sê vir Randfontein Herald vir hulle ondersteuning regdeur die jaar en grootliks vir die bewusmaking van hul kant af' – Inspekteur.

Die RandWes DBV het op Woensdag, 5 Oktober ‘n draai by die kantoor kom maak om vir die Herald ‘n trofee as een van hul ondersteuners van die jaar te oorhandig.

‘n Inspekteur by die RandWes DBV Rene van Straten het gesê dit is hul manier om vir die Randfontein Herald dankie te sê vir hul ondersteuning regdeur die jaar, veral vir die bewusmaking wanneer die DBV die publiek se ondersteuning nodig gehad het.

“Ook wanneer ons die DBV se aktiwiteite onder die publiek se aandag wou bring was julle gewillig om dit vir die DBV in Randfontein en Westonaria te doen,” het Rene vertel.

Clinton Botha, redakteur van die Herald het gesê dat hy die goeie gebaar opreg waardeer. Hy is geweldig lief vir diere, ondanks sy allergie vir veral kat- en hondehare.

“Die DBV is ‘n belangrike instansie. Soos daar hawelose mense is wat graag ‘n heenkome wil vind is daar ook diere wat net weggegooi of swak behandel word wat ‘n plek kort waar hulle hulp kan kry want hulle kan nie sê wat hulle nodig het nie. Die mensdom moet meer doen vir diere. Begin deur ten minste behoorlik na jou eie diere om te sien, en gee hulle die beste wat jy het.

“Al lyk dit of ek in ‘n boksgeveg was as ek naby ‘n kat was en die allergie my al in die hospitaal laat beland het, bly ek lief vir diere. Ek wil ook graag honde aanhou maar kan nie, nou help ons hulle op ‘n ander manier deur hul stories te vertel. Ek het groot planne vir uitreikings vir die DBV maar vir nou sal ons hulle bly ondersteun deur aan hulle publisiteit te gee. Baie dankie vir wat julle doen, DBV. Hou so aan.”

Joernalis Michelle Roodt, Rene van Straten en redakteur Clinton Botha.
Redakteur Clinton Botha en Rene van Straten.
Joernalis Michelle Roodt en Rene van Straten.

Related Articles

Back to top button