Local newsNews

RAM hou kaskardag

Dit was vir die leerders en almal betrokke 'n dag vol opwinding en pret.

Laerskool Randfontein het die tweede kwartaal op ‘n hoë noot afgesluit deur ‘n kaskardag op Vrydag 24 Junie te hou.

Organiseerder Melani Bosman het vertel dat elke graadhoof vroëer in die kwartaal ‘n 4×4-voertuig se naam getrek het en van daar af kon elke voogklas die dag beplan.

“Daar was klasse wat alles uitgehaal het – van hemde, hoede, vlae tot eie liedjies is vir die groot dag gereed gekry. Die laaste kaskardag was in 2019 en die Rammies was baie opgewonde om die jaar weer te kon deelneem.”

Nadat die leerders in klasverband deelgeneem het, kon die leerders aan 12 verskillende boeresportitems deelneem.

Lariza Pfahl en Lene du Plessis stoot vir onderwyser Chineque Mulder in die kaskar. Foto ingestuur.

“Dit was ‘n dag vol opwinding en vet pret. Ons bedank ook alle borge wat gehelp het om die dag ‘n sukses te maak.”

Related Articles

Back to top button