Local newsNews

Bekende en hulpvaardige inwoner sterf

Hattie Hattingh is onlangs aan kanker oorlede.

Hattie Hattingh, ‘n bekende in die gemeenskap en voormalige lid van die Westonaria-polisie is Dinsdagoggend, 12 Julie in die ouderdom van 78 oorlede.

Sy dogter Petro Pawson het bevestig dat haar pa lank in ‘n stryd met kanker gewikkel was. Totdat hy siek geword het, het Hattie Betterect Engineering, Max Power Engineering en Randfontein-inwoners se voertuie gediens.

Sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie en geen projek het hom ondergekry nie. Van 1963 tot 1980 was my pa ook deel van die Westonaria-polisie.”

Petro het gesê dat haar pa altyd bereid was om te help, maak nie saak hoe vol sy skedule was nie – hy het homself nooit eerste gestel nie en sou homself in baie gevalle tekort doen om ander te help. Sy het hom beskryf as ‘n groot man met ‘n klein hartjie wat by almal respek afgedwing het. Sy Skepper het ‘n baie groot en belangrike rol in sy lewe gespeel.

“Ons pa was ons superhero, ‘n groot boom en rots wie se dood ‘n massiewe leemte in sy gesin, familie en samelewing gaan laat. Hy kon ‘n regte platjie wees met ‘n skerp humorsin. Sy lewensuitkyk was, Jy maak soos jy kan, nie soos jy wil nie’.”

Hattie en sy vrou Marthie sou op Saterdag, 30 Julie hul 56ste huweliksherdenking vier. Petro het vertel dat hulle as ‘n span alles saam gedoen en duisende pannekoeke en jaffels vir Midpark Hervormde Gemeente gebak het.

Ons voel of ‘n stuk van ons ledemate weg is,” het Petro beskryf.

Hattie word oorleef deur sy vrou, vier kinders en ses kleinkinders.

Sy gedenkdiens om sy lewe te vier word op Woensdag, 20 Julie om 12:00 in Midpark Hervormde Kerk in Helikonpark gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button