Slegte nuus vir talle inwoners na ontploffing by Drowel-substasie

Elektrisiteit in onder andere Bootha, Loumarina, Wilbotsdal, Elandsvlei, Ooster, Townlands, Wheatlands, Randpoort, Randgate en Gedeelte Greenhills, Eikepark, Culemborgpark, Helikonpark en Homelake is af tot verdere kennisgewing na 'n ontploffing by 'n substasie.

Talle areas is tans sonder krag na ‘n ontploffing by die Drowel-substasie.

Alwyn van Tonder, wyksraadslid van die area het op Vrydag, 15 Julie kort na 12:00 aan die Herald bevestig dat die elektrisiteit in Bootha, Loumarina, Wilbotsdal, Elandsvlei, Ooster, Townlands, Wheatlands, Randpoort, Randgate en gedeeltes van Greenhills, Eikepark, Culemborgpark, Helikonpark en Homelake tot verdere kennisgewing af sal wees.

“Dit is weens die skade wat ‘n ontploffing by die Drowel-substasie aangerig het. Verdere inligting sal eers more beskikbaar wees wanneer die omvang van skade bepaal is.

Daar is vandag reeds verskeie tegniese spanne besig met herstelwerk aan die substasie. Daar is nog geen areas wat deur Drowel voorsien word wat weer aangeskakel is nie.”

Daar is glo ‘n moontlikheid dat die plotareas dalk vanaand of more Saterdag, 16 Julie aangeskakel sal word.

Die Drowel-substasie het groot skade gely weens ‘n ontploffing. Foto ingestuur.
Die Drowel-substasie het groot skade gely weens ‘n ontploffing. Foto ingestuur.

“In ander areas soos Helikonpark en Culemborgpark is daar nog nie duidelikheid wanneer die kragtoevoer herstel kan word nie, en dit kan dalk langer vat. Ons bedank graag vir Hannes Ernst, bestuurder van die elektriese afdeling en sy span vir hul toewyding met die herstelwerk.”

Van Tonder het bygevoeg dat hy en raadslid Craig Harrison sedert gisteraand (Donderdag, 14 Julie) alles moontlik doen om die probleem te probeer oplos.

Raadslede Alwyn van Tonder en Craig Harrison. Foto ingestuur.
Exit mobile version