Local newsNews

Tiener al amper twee weke vermis

Het enige iemand vir Charlotte Croukamp gesien? Familie is bekommerd oor die 15-jarige wat verdwyn het.

‘n Ouma het die gemeenskap se hulp nodig om haar vermiste kleindogter te vind.

Volgens Magda Janse van Rensburg het die 15-jarige Charlotte Croukamp op Dinsdag 5 Julie omstreeks 12:00 vermis geraak vanaf Girls Town waar sy woon.

Lees ook: Why would a person go missing?

Charlotte is omtrent 1.6m lank, weeg 55kg en het bruin hare en blou oë.

Magda het vertel dat toe sy haar kleindogter die laaste keer gesien het – die dag toe sy verdwyn het – het sy ‘n geskeurde blou denim aangehad met ‘n maroen langmouhemp en ‘n kortmoubaadjie van swart kant bo-oor, en wit tekkies.

Ek het nog geen kontak gehad met haar nie en sy het nie ‘n foon nie.”

Hulle vermoed dat Charlotte iewers in Krugersdorp is, en hulle wil haar asseblief veilig terughê.

Enige iemand wat weet waar Charlotte is, kontak vir Magda by 084 606 4774 of Tinky by 063 440 3838.

Die plakkaat van Charlotte wat op sosiale media uitgestuur is. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button