Rugbyklub maak stadion weer mooi

Daar is gras gesny, rommel is opgetel en die ingang van die stadion is geverf.

Die Randfontein Rugbyklub-lede het onlangs hul moue opgerol om die Greenhills Stadion skoon te maak.

Voorsitter van die klub Johan Cronje het vertel dat hulle op Saterdag 9 Julie die ingang en rondom die veld skoongemaak het vir die eindrondte van die rugbykompetisie vir Groot, Medium en Klein Skole wat binnekort by die Randfontein Rugbyklub plaasvind.

Gavin Da Silva sny gras buite die stadion. Foto: Michelle Roodt.
Elloeen Da Silva, Abigail Da Silva, Calvin Smith en Ryan Da Silva besig om skoon te maak. Foto: Michelle Roodt.

Hulle het gras gesny, rommel opgetel en die ingang van die stadion geverf om dit weer mooi te laat lyk.

Johannes Nouo besig om te hark. Foto: Michelle Roodt.
Phumlani Yako sny gras. Foto: Michelle Roodt.

“Dit was baie goed en ons is bly dat daar soveel mense gedurende die dag kom help het.”

Volgens hom sal hulle beslis weer so ‘n skoonmaakdag hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version