BRIEF: Dwelm- en alkoholmisbruik het die oorhand in Toekies

Inwoner skryf hoe 'n gemeenskapslid samewerking kort om Toekies 'n beter plek te maak.

• Desmond Dickson skryf:

Toekomsrus het in ‘n algehele doodsheid verval onderwyl alkohol en dwelmmisbruik hoogty vier en die oorhand gekry het.

Pla dit julle nie … julle almal wat met die pad verbygaan nie?

Vra die skrifgedeelte in Klaagliedere 1 vers 12. Hiervolgens het slegs tien gefrustreerde gemeenskapsbesorgde jongmanne hul moue opgerol om self die vervalle toestand van die gebied uit die weg te ruim.

Ons trots lê in die beskaming onder rommelhope en ruïnes begrawe. Duncan White, ‘n kranige sokkerspeler van weleer het met sy manskappe hul leëhandig sonder toerusting voorgeneem om alle publieke fasiliteite in ere op te knap, onder meer die begraafplaas, swembad en sportgronde waar hulle tans besig is.

Duncan benodig slegs gemeenskaplike samewerking om in hul inisiatief suksesvol te wees. Hier kan die gemeenskap ook ‘n bydraende rol speel in die vorm van toebehoreversterkings en noodsaaklikhede ter aanmoediging. Ooreenkomstig het Mannekrag soos vroëer berig sonder munisipale onderskraging tragies verslap in hulle voorneme om slaggate op te vul.

Sake-instansies hoef slegs ‘n lokaas te voorsien om die jeugdiges weg te kry van die strate en die mure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version