Riebeeckrand-leerder is juniorwenner van kykNET-kompetisie

Riebeeckrand-leerder as juniorwenner van kykNET-toneelspelkompetisie aangewys.

Hoërskool Riebeeckrand spog vanjaar met drie leerders wat deurgedring het na die finaal van die kykNET-toneelspelkompetisie.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat 85 talentvolle finaliste van regoor die land van Donderdag 19 Mei tot Saterdag 21 Mei in Kaapstad met mekaar meegeding het.

Vanjaar is dit die sesde jaar dat Riebeeckrand-leerders deurdring het na die finaal van die nasionale toneelspelkompetisie. Dit is ‘n groot prestasie aangesien honderde leerders landswyd daarvoor inskryf.”

Tydens die finaal het Junior Khumalo en Armand Martins onder die top 32 geëindig, en Armand is uiteindelik as die junior wenner van die kompetisie aangewys.

“Dit is ‘n besondere prestasie, en die Riebeeckrand-familie is baie trots op Armand en sy afrigter Leona Esterhuyse.”

Armand Martins is aangewys as die junior wenner van die kykNET-toneelspelkompetisie. Foto ingestuur.
Exit mobile version