Die inwoners van Vriendskaptuiste is onlangs bederf met ‘n Langtafelete waartydens hulle lekker geëet en gekuier het.
Organiseerder Dalena Botha het vertel dat die ete op Saterdag 11 Junie aangebied is. Hulle het 18 kleiner tafels teen mekaar geskuif om ‘n lang tafel van 38,4 meter te vorm.
Covid het ‘n ontwrigtende uitwerking op die inwoners van Vriendskaptuiste gehad en geen funksies kon tot dusver aangebied word nie. Almal het dus uitgesien na ons eerste funksie in twee jaar!” het Dalena vertel.
Hierdie langtafelete is buite vir die inwoners aangebied en almal het sop, brood, sjerrie, koffie en tee op dié heerlike en sonnige wintersmiddag geniet.
Die inwoners van Vriendskaptuiste daag ander instansies in die dorp uit om hul langtafelrekord te verbeter.