RAM se Pom-Poms en dansers vaar puik by Arnold Classic

RAM Extreme het 'n eerste plek behaal en die RAM Pom-Poms 'n derde plek.

Laerskool Randfontein is baie trots op hul twee pom-pomgroepe wat op Saterdag, 4 Junie deelgeneem het aan die Federation of dance drill, cheerleading and majorette sport: Gauteng province-kompetisie.

Organiseerder van die Ram Extreme-groep, Diane Matthews het vertel dat RAM Extreme en die RAM Pom-Poms by die Arnold Classic in die opedansafdeling deelgeneem het.

RAM Extreme het ‘n eerste plek behaal en die RAM Pom-Poms ‘n derde plek.

Altwee groepe het gekwalifiseer vir die provinsiale kompetisie wat op Saterdag, 25 Junie in Eldoraigne gaan plaasvind.

Diane het vertel dat die RAM Extreme-groep aan die nasionale kompetisie gaan deelneem wat op 13 Julie in Bloemfontein plaasvind.

“Harde werk werp vrugte af,” het sy gesê.

Baie dankie aan Chineque Mulder, organiseerder van die RAM Pom-Poms en hul afrigter Angie Pita asook RAM Extreme se afrigter Khaya Dhladhla.

Die RAM Extreme-groep het onlangs ‘n eerste plek behaal toe hulle by die Arnold Classic deelgeneem het. Foto ingestuur.
Die RAM Extreme-groep het onlangs ‘n eerste plek behaal toe hulle by die Arnold Classic deelgeneem het. Foto ingestuur.
Exit mobile version