Local newsNews

BRIEF: Swaarkry lê net voor …

Die algehele dorp en woonbuurte verkeer in 'n bedenklike toestand en vereis dringend aandag. Wanneer hou die dinge op? – inwoner van Toekies.

• Desmond Dickson skryf:

Die mees onbegaanbare Papajastraat in Toekies is na vele geklaag deur die inwoners in dankbaarheid uiteindelik opgeruim en herteer.

Na alle verwagting sal die aangrensende tweeling Vygiestraat waar lange afleweringstrokke met sware vragte gaan, dalk ook aandag kry.

AfriForum het onder die betrokkenheid van ‘n hoë regsgeleerde afgevaardig om by my te vis rondom die vervalle toestand van Toekies. Dit na aanleiding van korrespondensie in die Herald waarvan hulle getroue lesers is.

Ek was te skaam en verleë om hom rond te wys en hom daarop gewys dat alles wat hulle lees in dié verband gebaseer is op die werklikheid. Dit is te betwyfel of die nuutverkose raadslede ooit binnekort die haglike toestand van die gebied sal opknap.

Die algehele dorp en woonbuurte verkeer in ‘n bedenklike toestand en vereis dringend aandag. Kan die inwoners nie self ‘n wakende oog hou oor vandale en onverskilliges nie? In die woorde van ons gelyke David Kramer uit blik music: Wat anders ken ons as die gesukkel en verwerping? Swaarkry lê net voor …

Wanneer hou die dinge op?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button