NewsSchools

Skaakmat! Skole-skaaktoernooi ‘n reuse sukses

Talle skole het onlangs by Laerskool Randfontein bymekaargekom vir die Super Reeks Skaaktoernooi.

Talle skole se skaakspelers het op Vrydag, 6 Mei by Laerskool Randfontein bymekaargekom vir die Super Reeks Skaaktoernooi.

Die betrokke skole is Laerskool Louw Geldenhuys, Laerskool Brentwoodpark, Laerskool Dalmondeor, Laerskool Vryheidsmonument, Laerskool Muldersdrif, Laerskool Krugersdorp-Noord, Laerskool Horison, Laerskool Jan van Riebeeck en Laerskool Randfontein.

Die organiseerder van die toernooi, Magda Graaff het verduidelik dat hul skool deel is van die Super Reeks-groep wat aan atletiek, rugby, redenaars, koor en skaak deelneem.

Dit is ‘n groep skole wat aan verskillende aktiwiteite deelneem. Vandag kom skaak aan die beurt,” het sy gesê.

Die idee van hierdie toernooi is om leerders oefening te gee voor die liga begin.

Magda het verduidelik dat die dag baie goed verloop het.

“Die kinders geniet dit want ons kon vir twee jaar nie die Super Reeks aanbied nie. Hulle is baie opgewonde.”

JT Naidoo in aksie. Foto: Michelle Roodt.
Heinrich Obermeyer fokus op die spel. Foto: Michelle Roodt.
Kiara Smyth maak ‘n skuif. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button