Local newsNews

VLU-vroue kan nou goeie foto’s neem

Twee fotografiespesialiste het die dames besoek om hulle te leer oor dié wonderlike kuns.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Ridderspore-aandtak het hul maandelikse vergadering op Donderdag 5 Mei gehou.

Twee fotografiespesialiste het die dames toegespreek.

Skakelbeampte Elsie Krouwkamp het vertel dat Casper le Roux en Deon Schoeman hulle vertel het van die basiese beginsels van fotografie tot redelik gevorderde tegnieke.

Die twee jong manne se aanbieding was professioneel dog met humor, hoewel hulle soms ernstige feite ter stawing gebruik het. Hul kennis van hul vakgebied was verstommend maar deur deeglike verduidelikings kon almal die basiese beginsels van goeie fotografie bemeester,” het sy gesê.

Volgens Elsie behoort al die dames nou hul kosbare herinneringe vir ewig te kan bewaar, en hulle sal beslis dié twee manne nader vir ‘n opvolgkursus.

“Hiermee sê ons dankie aan Casper en Deon vir hulle tyd en moeite.”

Deon Schoeman praat met die dames. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button