Local MotoringLocal newsMotoringNews

Voertuie ‘n lus vir die oog tydens skou

Talle pragtige voertuie is by die motorskou by Roesemoes in Wheatlands ten toon gestel.

Motorliefhebbers het onlangs bymekaar gekom om met hul opgeboude en unieke motors te spog.

Die motorskou is op die gronde van Roesemoes in Wheatlands op Saterdag, 30 April gehou. Verskeie motors is ten toon gestel, waaronder ‘n 1959 Fiat Topolino, ‘n Mazda RX7, ‘n pragtige Nissan 200SX, en ‘n Chevrolet Camaro Z28.

Tydens die opwindende dag was daar verskeie kategorieë, soos ‘n show and shine, beste enjin, sound-off, best modified en best crew.

Een van die organiseerders, Sarel Oosthuizen het vertel dat dit hul motorklub, die 707legends se eerste motorskou vir motorliefhebbers was, en hulle beoog om weer so ‘n skou te hou waar mense met hul voertuie kan kom kom spog.

Vir ons eerste skou was dit ‘n reuse sukses,” het Sarel vertel.

Tiaan Esterhuizen saam sy dogter Amy-Lee +by sy Nissan 1400. Foto: Michelle Roodt.
Boet Mostert en sy dogter Mandy Pruis by sy blou 1957 Morris Minor. Foto: Michelle Roodt.
Michael Botha by sy Nissan 200SX en Armand Rudolph by sy Honda Civic. Foto: Michelle Roodt.
Mariska Reyneke by ‘n Toyota MR2 Spider. Foto: Michelle Roodt.
‘n Pragtige Ford Cortina. Foto: Michelle Roodt.
Michael Grobler by sy Chevrolet Camaro Z28. Foto: Michelle Roodt.
Jaedon Hassett and Cassedy Tonkin by sy Volkswagen Polo Vivo. Foto: Michelle Roodt.
Johan Visagie wys sy Morris Minor 1000. Foto: Michelle Roodt.
‘n Morris Minor 1000. Foto: Michelle Roodt.
‘n Ford Anglia Super 1965. Foto: Michelle Roodt.
‘n Paar van die talle motors wat ten toon gestel is. Foto: Michelle Roodt.
‘n Driedeur 1934 Ford Coupe. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button