Sakke vol liefde van Randfontein aan KZN

'n Inwoner van Randfontein en haar werkplek wil 'n verskil maak in die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal.

‘n Inwoner van Randfontein en haar werkplek in Krugersdorp-Wes wil ‘n verskil maak in die lewens van die mense wat skade gely het weens die onlangse natuurramp in KwaZulu-Natal.

Inwoners van die West Rand Association for Persons with Disabilities het in hul kaste ingevaar en sakke volgemaak met klere en ander items vir die mense in KZN wat dit die nodigste het.

Lees ook: ‘Thank God for saving my family in KZN’

Elisma Claassen, organiseerder van die projek en bestuurder van die maatskaplike werker-afdeling by die organisasie het vertel dat hulle vanjaar hul 75ste bestaansjaar vier en besluit het dat een van hul projekte gaan wees om die rampslagoffers van KZN te ondersteun.

Ons leer die mense wat hier woon dat hulle so baie geseën word deur die gemeenskap wat ons so mooi ondersteun, en dit het die inwoners laat besluit om die gemeenskap in KwaZulu-Natal te help.”

Sy het vertel dat al 32 inwoners saam onder andere wintertruie, komberse, serpe, hemde, broeke en sweetpakke geskenk het.

“Die inwoners is diep geraak deur wat in KZN gebeur het en wil ook help,” het Elisma vertel.

Andrico van Aarde, Kervin de Bruyn en Elisma Claassen met sommige van die items wat hulle skenk. Foto: Michelle Roodt.
Exit mobile version