Local newsNews

Gemeentelede brei en hekel vir dié in nood

NG Kerk Randfontein-Noord kan ander help die winter, danksy brei- en hekelgroep.

Daar is mense wat hierdie winter warmer gaan kry danksy ‘n plaaslike brei- en hekelgroep wat hard gewerk het om items uit geskenkte wol te maak. Hulle het ook ander items ontvang wat gemeenskapslede geskenk het.

Al die gebreide en gehekel items is op Dinsdag, 26 April aan die Diens van Barmartigheid-voorsitter by die NG Kerk Randfontein-Noord, Charmaine Oosthuizen oorhandig.

Daar was onder andere truie, mussies, sokkies en komberse.

Lekker warm mussies is ook oorhandig. Foto: Michelle Roodt.

Charmaine het die oorhandiging beskryf as wonderlik en kon nie glo watter mooi items gemaak is nie.

Eerstens om die talent in hierdie dames se handewerk te sien is wonderlik. Vir hulle is dit dalk net ‘n stokperdjie, maar vir iemand anders is dit wat hulle nou gaan ontvang ‘n seën,” het sy vertel.

Die groep het die mooiste komberse gemaak. Foto: Michelle Roodt.
‘n Hele tafel vol gebreide items is aan die NG Kerk Randfontein-Noord oorhandig. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button