Local newsNews

Ma en dogter vorm ‘n mooimaakspan

Tans beplan hulle om minderbevoorregte meisies te help om op hul beste te lyk vir hul matriekafskeid.

‘n Plaaslike ma en dogter wil deur middel van hul nieregeringsorganisasie (NRO) genaamd Skoenlapper uitreik na matriekdogters wat dalk nie die fondse het om hul grimering, naels en hare te laat versorg vir hul matriekafskeid nie.

Sonja de Wit en haar dogter Rochellè het vertel dat hul NRO daarop fokus om vroue mooi te maak en spesiaal te laat voel omdat so baie vroue nie goed voel oor hul voorkoms nie.

Tans beplan hulle om minderbevoorregte meisies te help om op hul beste te lyk vir hul matriekafskeid.

Sy en Rochellè doen elke Dinsdag die vroue by die Connie Mulder Sentrum se grimering en sy het vertel dat dit vir haar so lekker is om hul reaksie te sien wanneer hulle besef hoe mooi hulle lyk.

As enige iemand weet van ‘n matriekdogter wat so iets sal waardeer, of indien mense grimering en rokke wil skenk, kan hulle vir Sonja kontak by 072 262 3969.

Lees die volledige berig in die Herald se 6 Mei uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button