Vele (vuil) hande maak ligte werk

Hoërskool Riebeeckrand-leerders het onlangs die tennisbane by die Greenhills Sportstadion skoon en netjies gemaak sodat mense weer in 'n netjiese omgewing kan tennis speel.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs gewys dat hulle nie net omgee vir hul skool nie, maar ook vir die gemeenskap.

Die vrywilligers het op Woensdag, 20 April aan die werk gespring om die tennisbane by die Greenhills Sportstadion waar sommige van hul leerders asook die gemeenskap tennis speel, op te kikker en weer mooi te laat lyk.

Keanu van der Linde hark die gras bymekaar.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat hulle een maal per week met hul Get Your Hands Dirty-projek besig is en sportspanne, kultuurgroepe en individuele Riebeeckranders wat wil, kan betrokke raak by die projek.

Elke leerder wat wil, kan deel wees. Dit help ons en dit is so lekker. Hulle doen dit vrywillig, daarom is dit regtig vir ons wonderlik om te sien dat daar soveel kinders is wat ‘n verskil wil maak in ons skool en in die gemeenskap,” het sy vertel.

Die projekbestuurder Janco Tiedt het verduidelik dat hulle hierdie projek begin het om nie net hul skool nie, maar ook die gemeenskap ‘n beter plek te maak.

Onderwyser Henry Wiggill kry ook sy hande vuil vir die projek.

“Ons het gedink om die tennisbane by die stadion skoon te maak omdat van ons kinders by die tennisklub speel en dit maar sleg lyk daar met die bosse wat die bane toegroei.”

Hulle het die bome gesnoei, bosse uitgekap, gras gesny, ou boomstompe weggery en die paaie oopgesny om sigbaarheid te verbeter sodat mense veilig kan ry.

Ons het ook basiese skoonmaakwerk gedoen soos papiere optel en bossies op die bane uitgetrek,” het Janco vertel.

Hy het verduidelik dat dit nie net oor Riebeeckrand gaan nie, maar hulle doen dit ook vir die leerders van Laerskool Rapportryer, Laerskool Randfontein, Hoërskool Jan Viljoen en almal anders wat die tennisbane gebruik sodat hulle hul sport in ‘n netjiese omgewing kan beoefen.

Alpheus Marumo help om die pad oop te sny.
Ewert Barkhuisen dra gras weg.
Wian du Plessis dra ‘n boomtak weg.
Sean Rowan help om takke weg te dra.
Boipelo Mohamme en Henrico Scheepers geniet die skoonmaak.
Albert Botes help om die gras te sny.
Ethan Dreyer hark gras bymekaar.
Tjaard van der Walt, Angelique Visser, Gizelle van Rooyen en Cheri van Niekerk doen hul deel om die tennisbane beter te laat lyk.
Ntsiki Dlamini, Lee Moloi en Sky Masapo besig om skoon te maak.
Ruan van Tonder dra takke weg.
Pieter Jordaan en Nevan van Zyl hard aan die werk.
Sammy Xaba hark die los gras bymekaar.
Exit mobile version