Gesellige VLU-samekoms in Elandsvlei

Adri van Niekerk, die Witwatersrand Streeksvoorsitter het die klas vir die dames aangebied.

Die Vrouelandbou-unie Middelvlei-tak het ‘n gesellige byeenkoms gehou by die lieflike Menûchân Koffiewinkel in Elandsvlei waar hulle eers ‘n smaaklike ligte ontbyt geniet het, en toe geleer het hoe boeke gebruik kan word om die pragtigste versierings te maak.

Ria Herbst, voorsitter van die Middelvlei-tak het vertel dat Adri van Niekerk, die Witwatersrand Streeksvoorsitter die dames op Dinsdag, 12 April besoek het om hulle te wys hoe om proteas, engeltjies en kersbome uit ou boeke te vou.

Adri het ons ook meer vertel van ons fondsinsamelingsprojek vir die streek, en dat die streek begin het met ‘n uitreikprojek om vir behoeftige dogters by die skole sanitêre doekies te voorsien,” het Ria vertel.

Al die dames wat die byeenkoms bygewoon het, het dit vreeslik geniet en tussen die gevou van blaaie deur is daar gelag omdat party se boeke dikker was as ander, wat hulle langer aan die vou gehou het.

Elaine de Koker hard besig om te konsentreer. Foto: Michelle Roodt.
Lettie Bosman vou sommer spoedig haar blaaie. Foto: Michelle Roodt.
Ria Herbst besig met haar boek. Foto: Michelle Roodt.
Judy Wagner is trots op haar werk sover. Foto: Michelle Roodt.
Elsie Krouwcamp is lekker aan die gang met haar boek. Foto: Michelle Roodt.
Sommige van die voorbeelde van wat gevou kan word met ou boeke. Foto: Michelle Roodt.
Adri van Niekerk spreek die die dames toe. Foto: Michelle Roodt.
Exit mobile version