NewsSchools

Rappies-leiers gee vir dié wat nie het nie

Sakke met skryfbehoeftes is onlangs deur Laerskool Rapportryer aan minderbevoorregtes geskenk.

Die leiers van Laerskool Rapportryer het hul eerste suksesvolle leierprojek gehad waartydens hulle die minderbevoorregtes by die skool en in die gemeenskap gehelp het.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat sakke met skryfbehoeftes geskenk is.

Rappies wil dankie sê aan Jan-Hendrik Visser van Super Quick in Randfontein vir die skenking, asook vir Christo Jansen, ‘n leier-ouer vir die inisiatief om kinders by Rappies en in die gemeenskap se harte bly te maak en weer te laat hoop op die toekoms,” het Esme gesê.

Leiervoog Magda Swart het vertel dat hulle nog van hierdie soort projekte deur die loop van die jaar gaan doen om kinders te help.

“Baie dankie aan ons Hemelse Vader vir die voorreg om die leierprojekte te laat slaag. Ons leierouers is uniek en kosbaar vir Rappies,” het Esme gesê.

Related Articles

Back to top button