Die dames van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Ridderspore-aandtak het tydens hul maandelikse vergadering op Donderdag, 7 April geleer om kruissteek op Gingham-materiaal te maak.
Jarika Crous het die dames mooi gewys hoe om die steke op die materiaal te maak.
Skakelbeampte Elsie Krouwkamp het vertel dat jy met wit gare begin en kruissteke maak.
Daarna word die patroon met verskeie borduursteke opgevul om ‘n mooi en unieke kunsvorm te skep,” het Elsie vertel.
Sy het gesê dat al die dames die aand baie geniet het en trots is op hul kunsstukke.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.